Groter is nie al wat saak maak nie

Borsvergrotings is een van die gewildste kosmetiese-chirurgie-prosedures in Suid-Afrika.

“Ons het nie enige amptelike syfers nie, maar as jy rondvra en met jou kollegas gesels, kom jy agter dit is een van die gewildste prosedures – indien nie dié gewildste nie,” sê dr. Chris Snijman, ’n plastiese chirurg van Johannesburg en nasionale sekretaris van die Vereniging van Plastiese en Rekonstruktiewe Chirurge van Suid-Afrika.

Dr. Stuart Geldenhuys, ’n kosmetiese chirurg van Kaapstad, stem saam. “In my praktyk is dit die prosedure wat die meeste versoek word,” vertel hy.

Volgens die Amerikaanse vereniging vir estetiese plastiese chirurgie was borsvergrotings verlede jaar bo-aan die lysie kosmetiese chirurgie met 318 123 prosedures wat in die VSA gedoen is.

Snijman sê die rede waarom dié prosedure ook in Suid-Afrika so gewild is, is viervoudig.

“Eerstens word dit deur die media gewild gemaak. Tweedens word dit meer sosiaal aanvaarbaar om (dit) te verander waarvan jy nie hou nie.

“Derdens is dit toeganklik en vierdens is dit baie warm in ons land, so mense is nie bedek (deur klere) nie.”

http://www.beeld.com/Leefstyl/Nuus/Groter-is-nie-al-wat-saak-maak-nie-20110920

Patient Testimonials

  • Just wanted to send you a quick note once again to Thank you for wonderful work and support.. especially for me with my endless questions, my phobias and concerns.
    Read More...
  • 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • 5
  • 6
  • 7
  • 8
  • 9

Anonymous Poll

The Procedure I most want is: